webnovel

GoudStad

Jan-Hendrik van Aswegen is an aimless twenty-two year old who moves from Cape Town to the big city of Johannesburg in search of a new life. Failing to get a job or a purpose, he decides to sell drugs with high school best friend Joseph. The two start a drug empire and become some of the most wanted criminals in the country, drawing attention from law enforcement and rival drug lords. Follow Jan-Hendrik and Joseph as they climb up the ladders of crime, battling against corrupt police officers and Nigerian gangsters in the process. As well as try to survive in an environment where human life is cheap. A tale of survival, betrayal, revenge, power, greed and heartbreak. "Toe dit wel gebeur en voldoende goudertsreserwes ontdek is, was die voortbestaan van die Goudstad verseker." "That's just how it goes, my brother. It's survival of the fittest out here. Dis 'n leeuwereld hierdie, tjom!" - Joseph "Ek ry al die pad na die goudstad toe, maar ek kom nooit daar uit nie. Vir een of ander rede, is dit okei by my." - Jan-Hendrik

mournfulgiant50 · Urban
Not enough ratings
10 Chs

Hoofstuk 4: Dis 'N Leeuwêreld, Vriend

Die Volgende Oggend...

Joseph:

Gisteraand was fantasties. Ek het in die Kaap laas so lekker gekuier. Dit is wel hartseer dat ek en my simpel neefie die plek so afgebreek het. Dit gaan 'n blerrie fontein kos om van hierdie goed te vervang. Maar dis ander dag se worries. Ek het 'n groot babelaas aan my tans. Ek het ook 'n baie lekker tyd gehad met die Anastasia meisie. Sy is nogal iets anders. 'n Regte regkind. Party Kleurling girls is nie eers so mal soos sy nie. Dit is nie 'n maklike prestasie nie. Lyk vir my Jason het sopas opgestaan. Hy kom na die tafel toe waar ek sit en gryp een van my sigarette. Hy leen ook my lighter en steek dit aan. "Jirre. Last night was wild, my bru!", sê hy. Ek kyk nie eers vir hom nie. My oë is vasgeplak op my laptop se skerm. Ek korrespondeer met my nuutste kliënt op my selfgemaakte webtuiste. "J's Joints". Waar ek my besigheid handhaaf. RTT was byver my beste vak op skool. Jason doen lyne op die tafel. "Tsk! Hoe sal djy weet? Djy het meeste van die aand geslaap.", sê ek. Hy rol sy oë. "Dis hoe djy weet dit was 'n wille aand!". Ek rol my oë ook. Hy leen teen my en probeer sien wat ek doen op die rekenaar. "So hoe lyk vandag vir ons?", vra hy. Ek skyf die rekenaar sodat hy beter kan sien. "Ons het twee kliente vandag. Een vanmiddag en een vanaand. Een in die middag bly naby Braamfontein en een in die aand bly in Soweto. Braamfontein naaier soek twee zolle en Soweto Boy soek vyftig gram Indoor.". Jason lyk beïndruk. Ek skyf die rekenaar terug na my toe. "Gaan haal my die dagga sodat ek kan begin rol.". Jason staan op en haal die dagga in my kamer. Hy is terug. Ek vat die dagga en begin te vergruis.

Jan-Hendrik is nou ook op. Miskien het die reuk en die vergruising van die dagga hom wakkergemaak. Hy kom sit by die tafel saam met ons. "Môre, naaiers.", groet hy soos die wit doos wat hy is. Ek groet nie eers terug nie. Te gefokus op die skerm. Weet nie wat Jason se verskoning is nie. "Hoekom is julle so vroeg op? Dis fokken sewe uur in die poes oggend. Julle raas. Het julle so vroeg herstel na die epic fight gisteraand? Waar's Anastasia?". Ek trek my skouers op. "Sy het vroeg gegaan. Seker huistoe.", antwoord ek. Hy gluur vir my. "Het julle iets gedoen gisteraand? Hmm?". Ek gee hom weer my "devilish smile". Hy skud sy kop. "Fokken bitch.", mompel hy. (Ek gaan liewers nie vra nie.). "Net soos Jan van Riebeeck voor doodgegaan het en Apartheid probeer stop het!", kondig ek aan. Hy rol sy oë vir my. "Maar ekke se nou vir djou, bru. Wit girls is kak in die slaapkamer. Swartes, Asians en Indieers ook. Niemand naai so lekker soos khallid girls nie, ek sê djou.". Hy rol sy oë weer vir my. "Jy se jy naai die hele reenboog nasie?". Ek lag. "Ja, iets soos dit. Ek het apparently twee mense vandag. Ek en Jacy het werk om te doen vandag.". Ek lek die rolpapier en begin om die volgende zol te pak. Ek maak klaar en draai my lyf na hom toe vir die eerste keer. "Actually. Djy moet saam gaan. Met Jacy. Dan kan djy sien hoe hierdie stuff gedoen word en daaroor dink om vir my te begin werk. Kan nie seermaak nie. Of hoe?". Hy skud sy kop. Ek wonder wat is sy verskoning hierdie keer. "Ek weet nie, ou. Ek bedoel, ek is nie rerig op vir dit nie, jy weet? Ek gaan in elk geval vanmiddig na 'n kroeg toe. Rooksein speel vandag by die Radium Beerhall.", antwoord hy. Dit is seker die mees Afrikaanse verskoning wat ek al ooit in my hele lewe gehoor het. Saam met "Ek gaan plaas toe en bokke skiet op die bakkie.". "Ok. Wat van vanaand?", vra ek. Hy begin om daaroor te dink (Uiteindelik.). "Ek weet nie, bra. Ek wil nie 'n lewe uit drugs maak nie, bra. Ek kan in elk geval nie bestuur nie. Jy weet mos.". Hy probeer nou sy alle beste om nie my offer op te vat nie. "Jacy hierso sal bestuur. Djy gee net die dagga en vat die geld. Eenvoudig soos dit.", sê ek. Hy kyk na Jason en trek sy gesig. Jason wys vir hom middel vinger. "Sien dit as 'n guns, jy sien. Aangesien ek SO baie vir jou al gedoen het.". Hy stem saam. Lyk my ek het hom daar beet. "Ek sal terugkom na jou toe met daai een. Ek gaan nou huistoe fokof en regmaak vir die middag. So cheers vir nou, balsakke. Check julle.". Hy staan op en stap uit. "You owe me, bru!", gil ek agter na.

Jason staan ook op. "Ek gaan nou ook voetsek. Chais my jou kar, cousin.", se hy. Ek hou op met alles wat ek doen en gluur vir hom. "Jirre, om fokken wat te maak, nogal?", vra ek met frustrasie in my stem. "Man, ek wil net met my dealer praat, is al. Ek amper uit coke uit. Asseblief, man. Help a poor nigga out.". Hy staan op en sit sy hande in 'n bid posisie. Ek rol my oë en gee uiteindelik in. Ek gooi my karsleutels vir hom. "Yasis. Fine. Maar djy fokken breek hom nie. Not a scratch, ne? En djy koop die petrol., se ek. Hy knik sy kop en stap weg. "Moet net nie die petrol OOK snuif nie, asseblief.". Hy wys middel vinger. Hy stap uit. Hierdie behoort 'n interesante dag te wees...

Jan-Hendrik:

Rooksein. 'n Rockgroep waarmee ek nogal bekend is mee. Hulle speel op die verhoog van Radium Beerhall vandag. Megan sing haar longe uit en Dian maak die kitaar huil. Hoe is dit regverdig dat mense soos hulle ryk en suksesvol word en ek bom onderhoude? Ek vat nog 'n sluk uit my Castle Lager blikkie. Ek staan tussen die skare mense wat vir Rooksein daarvoor juig. Soveel geraas. Ek kan skaars myself hoor. Ek voel ongemaklik met al hierdie lywe wat teen my druk. Ek hoop niemand herken my nie. Die laaste ding wat ek nou nodig het, is mense wat wil kom chit-chat. Ek wil net gepletterd raak en goeie musiek luister. Ek maak my drankie klaar en gaan sit weer op die kroegstoel. Ek bestel 'n groot glas van Windhoek Lager hierdie keer. Ek pluk 'n Camel sigaret uit en steek dit aan, terwyl ek vir die kroegman wag. Ek is nogal opgewonde vir Fokofpolisiekar volgende week.

Eweskulik, voel ek 'n tik op my skouer. 'n Groot man met 'n wit knopies hemp. (Wat ookal jy wil verkoop, ek stel nie belang nie.). "Jannie?! Jan-Hendrik? Dis ek! Jacques? Vetkoek? Van hoërskool. Onthou jy my?", se hy. Natuurlik onthou ek hom. Hoe kan ek nie? Hy was die vetste kind op skool. Dis hoekom ons almal hom "Vetkoek" gedoop het. Ons het nog gegrap dat sy ma seker ook 'n "vetkoek" het. (Sy was eintlik baie maer.). Hy was eintlik maar 'n loser. (Alweer met die hipokrasie, Jan-Hendrik...). Hy het altyd by homself geeet gedurende pouse. Van graad 8 tot graad 12. Geen vriende gehad nie. Ek het hom eerlik waar jammer gekry. Maar hy het soveel gewig verloor nou. Wat het gebeur? "Yes, hoe lykit, man? Lank laas gesien.", antwoord ek. Ek probeer my beste om vriendelik te wees. Maar eintlik, wil ek net he hy moet fokof. Kan 'n man nie sy bier in vrede geniet nie? Seker nie. "Wow. Jy lyk anders. Maar ons lyk seker almal 'n bietjie anders, ne? Haha.". (You don't say.). "So wat maak jy hier in Jozi? Hoekom het jy van die Kaap getrek? Hm?". Asof ek hom gaan vertel van wat gebeur het. "Ag, lang storie. Ek het nie rerig 'n plek in die Kaap nie, jy weet. Wat maak JY hierso?", antwoord ek. Hy pluk 'n stoel uit en kom sit langs my. Hy bestel 'n groot glas van Windhoek Lager. Net soos ek. "Ek verkoop karre vir 'n lewe. Ford. Toyota. Subaru. You name it. Maak omtrent R100 000 'n maand. Het 'n mooi huis in Sandton met my pragtige vrou en kind. Wil jy sien?", vra hy. Ek kyk na die fotos en probeer my beste om om te gee. (Die vet loser van skool doen beter as jy nou. Mooi, Jan-Hendrik.). "Dis awesome, man. Jy doen goed vir jouself, haha.". Hy sit die fotos terug in sy beursie. "So wat maak jy in die lewe? Wat gaan in die lewe van Meneer Aswegen?". Na al sy spoggery, het ek nie rerig iets om te se nie. "Ag, jy weet. Ek doen IT werk. Werk vir 'n groot company en shit, jy weet.". Daardie leuen behoort te werk. "Okei, okei. Watse company?". Ek probeer om aan 'n maatskappy te dink. "Uhhh, Solid Systems?". Hy knik sy kop en lyk beïndruk. Sy foon lui skielik en hy tel dit op. Hy maak sy bier klaar. "Shit, sorry. Ek moet gaan. Iemand wil 'n kar koop. Ryk Arabier outjie. Maar hoorie. Jy moet 'n lekker dag he, hoor? Dalk sien ek jou weer. Ons moet iets gaan doen, man!". Ons skud hande. "Ok, man. Sien jou weer!", sê ek. (Hopelik nie.). Hy waai vir my en die kroegman. Die kroegman waai nie terug nie. Hy is weg. Uiteindelik. Nou kan ek myself weer geniet. Lyk my daar is twee tipes mense in hierdie land: Die ryk dose met mooi huise en die ouens wat vra vir brood. Dalk moet ek die IT rigting probeer?

Ek sien 'n mooi meisie wat twee stoele weg van my sit. Wag. Is dit Anastasia? Wat is die kanse. Wat maak sy hier? Sy sien en herken my. Sy kom sit reg lanks my. "Hey, asshole! How's it going, moffie? Little faggot? Gay boy? Or should I say cuck? What are the chances of walking into your boer gat?". Sy is vir seker gesuip. "Hello to yous too, bitch. Wat maak 'n soutpiel slet soos jy by 'n Afrikaanse kroeg?", antwoord ek. Sy rol haar oë. Sy sukkel om stil te staan. Ek dink sy moet gaan lê. "I like Rooksein, ok?? FUCK IT, I am wasted!". Ek begin te lag vir haar. "At least one of us is having a good time. Haha.", grap ek met haar. Ek wil eintlik net he sy moet gaan. (Maar joh, sy is sexy.). Daar is 'n lang periode van stilte wat volg. Ek maak my bier klaar. "I'm bored now. You wanna fuck?". Wel, ek kan nie nee se vir naai nie. Plus, ek is ook verveeld.

Ons is in die Mans badkamer. Ek druk haar vas teen die muur, met haar lang bene om my. Hierdie is die beste seks wat ek nog gehad het. Vanaf die keer toe ek Charlise se virginity gevat het. Ek maak klaar binne in haar. (Ons dra nie eers 'n kondoom nie.). Ons trek weer ons klere aan. Ons sê niks vir mekaar nie. Sy struikel uit die badkamer uit. Ek maak ongemaklike oogkontak met die manne by die pisbakke. Hoe lank staan hulle al daar? 

Joseph:

Braamfontein. 'n Plek in die hart van Johannesburg. Die plek van die court en die Nelson Mandela Brug. 'n Plek van slickers en tsotsi's. Hoe is dit regverdig dat die city slickers daarbo in fancy mansions sit en geld spandeer op die nuutse Bugatti, terwyl die ander in shanties bly sonder kos op die tafel? Dit is mos nie reg nie. Hierdie land gaan reguit hel toe, ek sweer. Ek sien 'n sekuriteitswag by die hek van die Constitutional Court. Hy sien en waai vir my. Die plaatjie op sy hemp se: "Aamadu". Dis hy. Dis my kliënt. (Hoekom moet hy voor die courthouse wees?!). Ek stap na hom toe en kyk rondom my. Ek hoop regtig hierdie werk uit. Ek het nog nooit voorheen so bang gevoel terwyl ek drugs verkoop nie. Wat as iemand ons sien? Wat as hierdie ou 'n nark is? Ek sweet soos 'n vark. Ek probeer selfversekerd lyk, maar aan die binnekant bekak ek myself. "Sho'. How are you?", se hy en skud my hand. Ek kyk weer rondom my. Kan nie te seker wees nie. "So, you got my stuff, right?". Ek knik my kop en wys vinnig vir hom die sakkie met die twee zolle in. Hy punt na die sekuriteitshokkie toe, waar ons verder kan praat. Die ander sekuriteitswagte kyk vir ons, maar hulle lyk nie suspisieus nie. Ons is in die hokkie. Ek gee vir hom die sakkie met die zolle. Hy sit dit in sy broeksak en haal sy beursie uit die ander broeksak. Hy pluk die geld uit en begin om te tel. Ek staan en wag, probeer dink aan iets om te se. "So, this is where sketch politicians do their business, huh?", vra ek. Hy sê niks. Hy gee die geld aan my oor. R500. "Get out. Act normal. I'll follow you.", fluister hy. Ek stap uit die hokkie. Hy volg my agter na.

Ons staan buite die hek. "Thanks, brother. I need this shit every now and again. Takes off the edge, you know?", sê hy. Ek kan heeltemal dit verstaan. Sonder dwelms, drank en seks sou ek doodgaan. "So you like, get a lot of action here, or what?", vra ek. "Ja. This job isn't easy, you know? All sorts of weird characters. They don't pay me enough for this shit.". Ek lag. "But you know. I'd rather be a broke, honest security guard than a fat politician lying about farm murders.". Die feit dat 'n sekuriteitswag met minimum wage meer wys is as 'n president sê alles. Hy kyk agter homself en waai vir my om weg te gaan.

Ek stap weg met 'n soortvan swagger, wetende ek het nog 'n dag oorleef. O, fok. Is dit polisie?! Die polisieman klim uit die kar uit. Hy kyk vir my, maar hy doen niks. Hy stap na Aamadu toe. Aamadu gee vir hom een van die zolle wat hy by my sopas gekoop het. Hulle stap saam na 'n alleyway toe. Is hulle twee besig om saam te rook?

Daardie Aand...

Jan-Hendrik:

Ek is nogsteeds nie seker of hierdie 'n goeie idee is nie. Selfs toe ek op die foon gepraat het met Joseph, was ek lus om nee te se. Maar ek skuld wel die man 'n guns. Dis die minste wat ek kan doen, aangesien hy al soveel vir my gedoen het. In die afgelope paar dae aleen. Nie eers te praat van al die kere op laerskool wat hy opgestaan het teen my boelies nie. Ek voel ek het nooit genoeg dankie vir hom gesê nie. Maar ek is seker hy weet. Ek en Jason is nou oppad na Soweto. Hoekom moes dit egter Soweto wees? Van al die plekke? In hierdie moerse groot stad? Soweto? Die Here weet wat daar kan skeef gaan. Maar dit is bietjie laat om nou te wil uit weazel. "Jy weet daai was 'n rooi lig, ne?", sê ek vir Jason, wat slegter bestuur as sy neefie. Hy ignoreer my net. As ek nie in Soweto gaan doodgaan nie, gaan ek virseker in hierdie kar doodgaan. Beide gevalle is okei met my. "So, hoe voel dit?", vra ek. Ek kyk vir my verwaart aan. "Hoe nou, my bru?". Hy kyk nogsteeds nie vir aankomende karre nie. "Om vir Joseph hierdie kak jobs doen? Is dit soos...ek weet nie. Lekker? Hoe's die geld? Is J 'n goeie baas?". Hy begin vir my te lag. Nog 'n rooi lig gemis. "Cuz is die beste baas. En die pay is nxa. Ek sou school lankal gelas het vir die shit, bru.". Ek skud my kop vir hom. Geen wonder hy bestuur so kak. Hy en Joseph se breine saam gesmelt is steeds fokol werd. "Hoeveel geld maak julle omtrent? In 'n maand?". Hy dink voor hy antwoord. "About R10 000 a month, ek dink. Joseph split 50/50. Wel, dis wat hy se. Hy chat amper nooit oor die geld met my nie. Ek dink hy hou terug. To be honest with you...". Teminste maak hierdie ouens geld. Dalk is hierdie 'n goeie idee. Maar ek weet nie. Is dit my lewe werd? Teen hierdie punt, is die antwoord dalk "ja". Ek probeer my kop bo water hou, maar terselfde tyd wil ek verdrink. "Wel, ek bedoel. Dis seker nie te kak nie. Aangesien dit 'n klein besigheid is met net julle twee.". Hy kyk na my en knik sy kop. Dit is laat. Hoekom is ons nog nie daar nie? Fok, hierdie stad is groot. (En ek kom van Kaapstad af!). Ek begin om angstig te raak. Maar ek probeer selfversekerd lyk aan die buitekant. "Hoeveel verder, dude?", vra ek met 'n effens ongeduld in my stem. Hy kyk na sy foon en dan weer terug na die pad. "Amper daar, bru. Don't stress.". My geduld begin al hoe minder raak. "Wat? Stres? Neeeee. Ek is mal daaroor om naby die grens van die stad in die middel van die aand te ry.", se ek heel sarkasties. Hy rol sy oë. "Djy skuld ons twee, bra. Maar djy hoef steeds nie te kom nie.". (Is hierdie klein snot besig om vir my te preek?). "My bra. Wanneer jy my ouderdom raak, sal jy enige iets doen vir geld. Trust my. Maar dis as jy nooit varsity toe gegaan het of goed gedoen op skool nie. Iets wat ons al drie moes gedoen het. Maar ons het nie. En nou is ons gefok. Vir die res van ons lewens. En geen hoeveelheid fokken dagga, of wat de poes ookal, gaan dit verander nie. Kom ons wees nou eerlik. Jy kan maar anders as dit dink as jy wil. Dit beteken nie dit gaan gebeur nie.". Ek kan sien hierdie woorde raak hom diep. In my verdediging, ek het net probeer om vir hom 'n smaak van realiteit te gee. Dis nie my skuld dat Joseph, of sy ouers, dit nie gaan doen nie. "Ons is hier.", se hy. Ons is net buite Soweto geparkeer. Op die gras. Teminste hoef ons nie in te gaan nie.

Straatligte flikker. Honde blaf. Taxi's en minibusse ry verby. Ambulanse ook. Geweer skote en polisie sirenes kan in die verte gehoor word. Hierdie stad is nog meer intimiderend in die aand. Maar jy sou dit nooit verwag deur net die mooi straatligte en bome te kyk nie. As dit nie vir al die misdaad en onreg was nie, sou hierdie plek 'n hemel gewees het. Na vyf minute se ongemaklike stilte, sien ek 'n swart figuur wat ons pad toe kom. Dit is seker ons ou. Wel, hy is nogsteeds net die vierde lelikste gesig vandag. Waar ontmoet Joseph hierdie mense? Ek belowe om die deksel van elke drein waaruit hierdie goed uitkruip, toe te plak. Jason wys vir my om uit die kar te klim. Ek kan sien hy waardeur nie die preek van vroeër nie. Maar ek gee nie om nie. Ek het elke liewe woord bedoel wat ek gesê het. My enigste berou is dat ek dit nie vroeër gesê het nie. Maar soos ek sê: Nie my familie nie. Joseph s'n. Ek stap na die man toe. Ons stop. Hy lyk soos hy kan my lewe enige oomblik eindig. Ek kry die gevoel dat dinge nie dieselfde gaan wees na hierdie nie...

"Sup, bra?", sê ek. Lyk my ek is die eerste een om te praat. Hy sê niks terug nie. Ek voel hoe hy my uitkyk. Ek kan seker nie sy paranoia blameer nie. "Let's get this kak over with. Give me the shit, wena.", sê hy soos 'n ou wat iemand gevind het op Craigslist. (Jy kan teminste my terug groet, kont.). "Uhm. Money first, bra?", sê ek. (Hierdie ou beter nie enige iets snaaks probeer nie.). "I forgot my wallet at home. Give me the stuff first and I'll go fetch my wallet, see?". Nou weet ek hierdie poephol praat kak. "Kak, man. Why won't you just give me the money, bra?", vra ek, heel frustreed. Hy kyk skielik weg van my af en kyk die kar waar Jason sit. "This your boy?", vra hy en punt na Jason toe. Ek knik my kop. "Ja, he my boy. Now are you gonna give me the cash or not?!", vra ek. My lont begin al hoe korter word. Hy kyk weer na die kar. "Nah. I don't feel like paying today, you know? How about you just give me the stuff?". Hy is aggresief maar kalm op dieselfde tyd. Ek staan 'n bietjie terug van hom af. "Norrefok! Like hell! Why are you being like this, bra?". Hy begin om woedend te lyk. Ek voel hoe my hart vinniger klop. "I SAID GIMME THE FOKKEN DAGGA, WENA!", gil hy en punt 'n pistool na my kop toe. (Nie hy ook nie.). Ek besluit dat ek nie weer vandag gaan beroof word nie. Ek swaai die pistool van my gesig af weg. As ek twee three piece suit Nigerians kan aanvat, kan ek virseker hierdie frikkie ook uithaal. Maar in die struikel, kopbots hy my en slaan my uit met sy 44. Revolver...

Ek's wakker. Maar hierdie keer nie in 'n badkamer nie. Of 'n brug. Of 'n fancy kar. In 'n plek wat lyk soos 'n shanty. Ek sit in 'n stoel met my hande en voete vas gemaak. Ek kyk oorkant my en sien Jason. In presies dieselfde posisie as ek. Wat de hel gaan aan? Ek kry skielik 'n klap deur die gesig. "WHO ARE YOU WORKING FOR, HUH?! WHO ARE YOU? WHERE YOU COME FROM?! HUH?!!!", skree hy op sy volste long kapasiteit. Dit help ook nie dat hy in my oor staan en skree nie. "FOK JOU, KONT!", gil ek terug en spoeg in sy oë. Hy vee dit af. Ek kry nog 'n klap deur die gesig. Harder as die eerste keer. Ek voel hoe my gesig bloedrooi raak. "HE WENA SAN!!! YOU WANT TO FOKKEN DIE, MOENA?! I ask again. Who do you work for?!". Nog 'n klap. "Ek werk vir niemand nie, okei?! Maak ons los, doos!". Ek kan sien hoe hy kwater word. "Dlala wena, sthukuthezi! You are lying. So who do you work for, white boy? HUH?! ANSWER ME, JISIS!!". Nog 'n klap. "My brothers will come help me and make you talk, naaier. DJY'S IN GROOT KAK, MENEER! Okujulile!". Nog 'n klap. Hierdie was die hartste een uit almal uit. Ek kan nie my gesig voel nie. Jason snik oorkant my. Ek dink nie ons gaan lewendig uitkom nie. Is hierdie die einde...?

The story has two different points of view and therefore has two narrators. I will indicate which character is narrating.

mournfulgiant50creators' thoughts