webnovel

GoudStad

Jan-Hendrik van Aswegen is an aimless twenty-two year old who moves from Cape Town to the big city of Johannesburg in search of a new life. Failing to get a job or a purpose, he decides to sell drugs with high school best friend Joseph. The two start a drug empire and become some of the most wanted criminals in the country, drawing attention from law enforcement and rival drug lords. Follow Jan-Hendrik and Joseph as they climb up the ladders of crime, battling against corrupt police officers and Nigerian gangsters in the process. As well as try to survive in an environment where human life is cheap. A tale of survival, betrayal, revenge, power, greed and heartbreak. "Toe dit wel gebeur en voldoende goudertsreserwes ontdek is, was die voortbestaan van die Goudstad verseker." "That's just how it goes, my brother. It's survival of the fittest out here. Dis 'n leeuwereld hierdie, tjom!" - Joseph "Ek ry al die pad na die goudstad toe, maar ek kom nooit daar uit nie. Vir een of ander rede, is dit okei by my." - Jan-Hendrik

mournfulgiant50 · Urban
Not enough ratings
10 Chs

Hoofstuk 3: Die Beloofde Land

Soms voel ek vry,

soos in 'n dans,

sonder ritme of orde

wild in myself getrof,

diep geraak

asof ek luister na 'n preek

oor die Vader, die Seun

en die Heilige Gees

ervaar my siel

die vlam van die brandende bos,

kaalvoet op goddelike grond,

hakkelend deur die slag in my bors

die klop van jou hart

so diep binne in jou

- Anton Kilian

Jan-Hendrik:

Ek is weer in die badkamer. Maar dit voel anders hierdie keer. Waar's my sister? Sy staan gewoonlik in die bad en kyk net vir my. Ek sal nooit daai beeld uit my kop uit kan kry nie. Geen groot boetie moet sy jonger sussie se lyk sien nie. 

Wag? Wat de hel? Wat gebeur met die bad? Dit verander in een of ander geel BMW. Ek kyk rondom my. Ek is nou op 'n brug. Ek kyk na die stad oorkant my. Dit lyk soos Johannesburg. Ek draai weer om. Die geel BMW staan nog op dieselfde plek. (Dis 'n baie cool kar, ek gaan nie lieg nie.) Sonder om selfs in te klim, is ek alreeds in die kar. Wel, aangesien ek alreeds hier is, gaan ek hierdie bad boy vir 'n spin vat.

Die stad gloei so helder soos die son. 'n Mooi son op 'n goeie Sondagoggend. Die water langs en onder my skitter met opgewondenhied en entoesiasme. Ek glimlag die harste wat ek ooit het in 'n baie lang tyd. Hierdie is perfek. Hierdie is nou my lewe. Ek wil nie he hierdie moet eindig nie. Ek ry al die pad na die goudstad toe, maar ek kom nooit daar uit nie. Vir een of ander rede, is dit okei by my.

"Charming Man" deur die Smiths speel op die radio. Op hierdie kar se hoogste volume. Ek rook 'n Winston sigaret met die venster oop. Charlize le langs my. Ek laat my arm rus op haar met die sigaret in my mond. Eweskulik, smelt al haar vel af tot die been. Maar dit is okei. Teminste is sy hier met my nou. Ten spyte van al haar sondes. En myne. Ek voel nou 'n bruwende sensasie daar onder. 'n Vrou se lippe. My oe dop om van die lekkerte. Sy lig haar kop. Wag. Is dit Joy?!

Dankie tog, dit was net 'n droom. Ek moet 'n koue stort vat na daardie een...(As hierdie stortkop net sal fokken werk!).

Joseph:

Ons wag al amper 'n halfuur vir Sleg-Hendrik. Daardie man vat altyd die wereld se tyd. Dit staan altyd stil vir hom blykbaar. Ek weet nie. Ek en Jason sit hier heel agter in "The Leaf Lounge". 'n Redelike ondergrondse stoner hangout spot in Hillbrow. "Lekker dagga and good vibes" is die plek se slogan. Moslem musiek speel op die radio. Baie sketchy. (Teminste is die dagga hier goedkoop.) "Hy gaan nie kom nie, bra. Kom ons fokof net.", se Jason. Ek pluk nog 'n gwaai uit. Hy wil ook ene gryp uit my pakkie. Ek klap sy hand. "Koop jou eie gwaai's, jou fokken sponge! En moenie stres oor Hennie nie. Hy's nou-nou hier. Ek ken die naai mos. En dan gee ons sy foon en beursie terug. Ons sal sy weed vir hom betaal." Hy laat 'n diep sug uit en vat nog 'n trek van die J wat ek gerol het vir ons. Hier's hy. Jan-Hendrik. Hy stap in. (Uiteindelik, naaier.)

Ek stop hom voor hy sy dagga kan bestel by die Arab agter die toonbank. Ek onderbreek hulle. "Jirre. Vir 'n oomblik tog ekke djy gaan 'n "no show" wees!". Ons dab mekaar op. "Hoekom de fok gaan koop jy dagga? Jy het letterlik dagga by jou huis reeds, bra.". Ek lag hom af. "Never get high on your own supply, brother. Ken djy dan nie? Nee. djy ken FOKOL.". Hy slaan my op die skouer. Ek lag hom weer net af. "Awe, wat soek djy? Die gewone of hoe?". (Hy lyk nogal stupid as hy dink.). "Outdoor Sativa. Tien gram. Asseblief man.". Ek knik my kop en tik op die verkoper se skouer. "Yes, my brother. Ten grams of outdoor Sativa, please bra. And roll us another joint. The "Rainbow Joint. I'll pay cash.". Ek wys hom die geld. Hy vat die geld uit my hand. Hy knik sy kop en gooi 'n sakkie met die dagga in na Jannie. Hy begin nou om die zol te pak. "So anyways, wat skud met djou? Wat het djy heel oggend gemaak behalwe skommel en anime porn kyk?". Ek begin om hom te ruik. "Yasis. Het djy gestort, bra? Djy fokken stink!". Hy rol net sy oe vir my. Lyk my selfs die man agter die toonbank trek sy neus op. "Stort is gefok. En ek het nie geld vir water nie.", se Jan. Ek haal 'n Axe-Spray uit my rugsak uit en gooi dit vir hom. Hy vang dit en spyt homself daarmee. "Bra, djy moet net vir my se as djy bietjie tjeld nodig het. Ek sal djou gee. I got you, bra.", se ek. Ons dab mekaar weer. "Dankie, maar jy hoef nie dit te doen nie.", antwoord hy. Ek kan sien hy waardeur die offer, maar hy wil op sy eie regkom sonder enige hulp. Ek kan dit respekteer. So ek stop dit daar en verander die onderwerp. "O, ja. En hier's djou kak terug.". Ek haal sy gesteelde goed in my rugsak en gooi dit vir hom. "That's just how it goes, my brother. It's survival of the fittest out here. Dis 'n leeuwereld hierdie, tjom!". Hy kyk na sy goed en na my asof ek David Blaine is. "Hoe de fok het jy dit reggekry?! Wat het jy gedoen?", vra hy. "Like I said, I got you. Ek en my dierbare nefie het hom "toevallig" raakgeloop in 'n shebeen.". Ek gee hom my kenmerkende "devilish smile". Hy kyk na my heel trots. "Fokken naai moet bly wees dit was ekke en nie djy nie.". Jan-Hendrik knik sy kop rof. "Dis actually moerse gerieflik nou, want my nuwe foon het gekak. Ek moes letterlik een van my bure se foon leen om met jou te kontak. My ID is weg, though.". Ek sit my hand op sy linker skouer en grin vir hom. "Don't stress, brazze. Ek sal net vir Derek vra om jou nuwe ID te forge.". Derek is die man wat Jason se bestuurderslisensie en my weed license gemaak het. Daardie ou sal enige tipe papier of kaart vir jou vervals as jy hom genoeg betaal. (Wat kan ek se? Ek ken mense!). "Kom sit saam ons by die tafel. Ons kan daar verder kekkel terwyl ons wag."

Jan-Hendrik:

Ek sit aan die tafel saam met Joseph en Jason. (Ek staan nogals uit in hierdie plek, ek gaan nie lieg nie.). Ek en Joseph gesels oor finansies, terwyl Jason met 'n Rubik's cube van die tafel af speel soos die kind wat hy eintlik nog is. Ek vergeet partykeer hoe oud hy is. Ek persoonlik dink dis verkeerd dat hy saam met ons die tipe goed doen wat ons doen. Maar dis iemand anders se familie. Nie myne nie. (Plus, ek is seker die laaste een wat moet preek oor die behandeling van een se familie.). Hier kom die ou met ons zol. Dankie tog. Ek het dit regtig nodig op hierdie oomblik. "Thanks, bradda. I appreciate, ne.", se Joseph. Die man se niks terug nie. Nie die vriendelikste gesiggie hierso nie. Alhoewel, wat verwag jy in 'n plek soos hierdie? Almal hierso lyk soos ekstras van 'n John Wick movie af. Teminste is hulle produkte goedkoop. (Weer eens, wat verwag jy.). "Gaan jy die J aansteek of moet ek?", vra hy terwyl hy die zol wys. Ek vat die zol uit sy hand uit. Ek wil dit aansteek vir 'n slag. "Ek sal die honours vir ons doen. Jy het genoeg dinge vir my gedoen al.". Ek steek dit aan. Ek vat 'n groot trek. Ek hoes amper my longe uit. Die ander twee dink natuurlik dis moer snaaks. Almal anders staar net vir my. Dit was seker 'n fout. Soveel van hierdie goed op een slag maak dat ek aan die slaap wil raak of kots. Of albei. Ergste is ek het die hele dag nie geeet nie. "Dis good shit, ne?", vra Joseph. Ek knik maar net my kop want ek hoes teveel om te kan praat. Jason is nog verbasend stil hierdie hele tyd. Ek hoop die arme ou is nog orraait. Ek gee die zol terug na Joseph toe. Hy vat 'n groot trek. Hy hoes ook maar nie so baie soos ek nie. "Maar ja, soos ekke se. Djy moet net vir my werk, bra. Fok al hierdie interviews en ander jobs en kak. Werk net vir my, man. Ek sal djou decent pay gee en als, ek belowe.", se hy. Hy vat nog 'n trek. Hy hoes glad nie hierdie keer nie. Hy gee dit aan vir Jason. Ek dink Joseph sal beide die beste en ergste baas wees wat jy ooit sal he. "Ek weet nie, ou. Soos dit klink baie aanlokend en goed, maar ek dink nie dis vir my nie, bra.", antwoord ek toe ek uiteindelik weer kon praat. Jason gee vir hom die zol. Hy hoes nog erger as ek. (Wat het die ou in hierdie ding gesit?!). Joseph vat nog 'n trek. Groter as die eerste een. Hy hoes glad nie hierdie keer nie. Hy gee die zol terug na my toe. Ek vat 'n kleiner trek hierdie keer. Ek hoes weer maar darem nie so erg soos die eerste keer nie. "Ek weet nie, bra. Ek dink steeds daar's nog beter opsies daar buite. Ek bedoel, dis een ding om weed te rook maar dis 'n ander ding om dit te verkoop op die strate.". Hy rol sy oe. Ek gee hom die zol terug. "Nee, djou naai! Djy gaan nie dit verkoop op die strate soos 'n kommen hoer nie. Ons doen mos alles online. Ek het my eie website en shit. Ek sal djou later die link stuur.". Hy vat 'n trek. "Maar ja, dink 'n bietjie daaroor, ne?". Hy wil die zol aangee vir Jason maar hy is vas aan die slaap. "HE, WENA! IS DJY NOG MET ONS?!", gil Joseph in sy oor. Die hele lounge hoor en lag vir ons. Ek lag maar saam. Jip. Hierdie goed is besig om in te skop. "Bra, hierdie outjie is FUCKED!", fluister ek vir Joseph. Joseph lag nog harder. Jason slaap nogsteeds ten spyte van al die geraas.

Eweskulik, staan 'n mooi wit meisie langs Joseph. Sy dra 'n pragtige blommerok en velie skoene. Haar bene is lank en mooi. Maar haar oe is nog mooier. (En borste, natuurlik.). Sover is sy die mooiste vrou hierso. 'n Mens wonder selfs "wat maak sy hierso?". Maar terselfde tyd, is hierdie die perfekte plek vir haar. Great. Ek is jags nog ook."Hello, gentlemen! Can I sit with you?", se sy. (Ag fok, sy's Engels.). "Of course, honey! Of course. Come, come. Sit!". Hy skuif Jason amper van die bank af. "Sorry. Lemme introduce myself. My name is Anastasia. I live close to this neighbourhood, hey. And who are you fine gentlemen?". Jason skud haar hand. "Joseph. This is Jan-Henrik, but we call him "Jannie" or "Hennie" or "The Great J.H.", you know.". Sy skud my hand ook. Fok, ek's hoog. "Pleasure to meet you gentlemen! Yo. Pass me the joint, bra.", se sy. Ek het nog nooit so vinnig iemand sien 'n joint aangee nie. Selfs Jason word nou wakker. "So you guys come here often?", vra Anastasia. Ek wil haar antwoord maar ek kan nie. Te hoog. (Altyd op die slegste tye ne, Jan-Henrik?). "Yeah. Me and my cousin here come here a lot, hey. My white tjomma over there just moved to here from Cape Town. And us two also come from Cape Town, you see?", se Joseph in sy swarse Cape Flats aksent. (En ek tog ek was die enigste een...). Sy kyk skielik na my asof sy my herken. Sy punt haar vinger na my toe. "I know you. You the outjie who saved my friend from those rich arseholes on the Gautrein, right? You saved her life. Thank you for that! You're her hero haha." (Want natuurlik moet jy my ken.) "Wel, jy doen wat jy moet doen, haha.", antwoord ek, terwyl ek my beste probeer om nie soos 'n blerrie zombie te lyk nie. Joseph skud my hand en kyk na my soos 'n trots pa. "Nou DIS hoe jy in haar panties kom, my bru!", fluister hy in my linker oor. Hy se ook net wat ookal hy dink. Dis beide sy beste en slegste karaktertrek. (Ek kry ook die gevoel hy dink ek maak hierdie op.) "Where do you live?", vra hy vir Anastasia. Ek begin te wieg op die bank. "Doornfontein.". Doornfontein? Nog nooit van daardie plek gehoor nie. Of dalk het ek en ek is net te hoog om te kan onthou. Ek dink ek moet dalk gaan le...

Seker 'n halfuur of iets gaan verby. Jip. Ek het uitgepaas. Hierdie twee gesels nog lekker en Jason slaap nog al die pad. Wanneer gaan ons nou uiteindelik pad vat? Dit raak nou laat. Ek wil nie weer laat ry in Johannesburg nie. "Well, we should be heading out now.", se Joseph. "But you welcome to come join us."

Joseph:

Ons stap uiteindelik uit die Leaf Lounge uit. Anastasia loop onder my regter arm en Jan-Hendrik dra vir Jason, wat nogsteeds slaap vir een of ander rede. Ons stap na my kar toe. My oupa se kar in die sewentigsjare, ek dink. Hy het na sy troue toegegry in hierdie ding. Ek mis hom nogal. Hy het altyd my lewenslesse gegee en baie hard probeer om my uit die bendes uit te hou. (Jammer, oupa.) "So where are we going, handsome?", vra Anastasia. Ek speel met my karsleutels in die ander hand. "We going to my place, honey. We gonna party some more there, if you're up for it, of course.", antwoord ek. Sy soen my op die voorkop en speel met die knopies van my hemp. "I'd like that very much.", se sy en knip haar oog. (Ons gaan hierdie kind 'n lekker tyd wys vanaand!). Ons klim in my "grandpa car" en ry. Ek vat die Aux kabel en speel vir ons YoungstaCPT se musiek. Ek voel sommer nostalgies vir die Kaap. Bliksem, ek mis die Kaap.

Voor ons die party kan begin by my huis, kort ons eers drank. 19:30. Shit. Al die drank winkels is toe. Ons sal na 'n garage toe moet gaan. Ek maak 'n stop by die naaste Shell aan ons. Ek trek my sleutel uit. Ek sit die musiek af. "Awe, ek en Jason sal binne gaan. Djulle twee bly hier en check die kar.", se ek. Ek kyk na Jan-Henrik en knip my oog. Hy rol sy oe. Ek en Jason klim uit die kar uit. Ons is in. Die plek is basies leeg. Ek gaan direk na die drank seksie toe, terwyl Jason vir die tjips en koeldrank soek. Ek gryp twee pakke Black Label, 'n bottel van Jägermeister en 'n bottel van Jack Daniels uit die yskas uit. Jason gryp drie groot pakkies Lay's tjips (Een Beef, een Cheese en een Onion flavoured) en vier pakkies droewors. Jip. Dit behoort genoeg te wees vir 'n goeie tyd. Ek het alreeds glasse by die huis. Ek en Jason stap op dieselfde tyd na die toonbank toe. "Yes, my brazze. We will take all of this. Thank you.", se ek. Ons sit ons goed op die toonbank neer. Op dieselfde tyd, weer. Die kassier knik sy kop. "Alright, shap. Anything else?", se hy. Ek en Joseph kyk na mekaar. Hy trek sy skouers op. Ek kyk terug na die kassier toe. "Yeah, two packs of cigarettes, please. Pall Mall. Red. As well as a small bottle of Amarula.". Jason giggel agter my. Ek draai om en wys hom middel vinger. "Will that be all?", vra die kassier. Ek en Jason kyk weer na mekaar. Hy kyk weg hierdie keer. "Ja, that's all for now. Thanks, brother.", antwoord ek. "That'll be R1149. Will you be paying cash or card?". R1149. Hierdie aand beter die moeite werd wees. Ek haal my Capitec bankkaart uit my beursie en voltooi die transaksie. Ons is klaar. Goed. Tyd om huistoe te gaan. Maar voor ek uit die deur kan stap, fluit die kassier vir my. Ek draai om na hom toe. Hy groei 'n grin op sy gesig. Hy lig sy hemp op. Hierdie man is basies gemaak uit tattoo's. Wag. Ek sien daardie nommer op sy bors. "26". Hy is een van hulle. Ek se niks en stap uit. Jason wag al vir my buite. (En nee, ek wil nie daaroor praat nie.) Ons kom by die kar uit. Ek wonder waaroor hierdie tweetjies gesels het terwyl ons weg was?

Jan-Hendrik:

Hier is hulle uiteindelik. Wat het hulle so lank gevat? Hierdie was van die ongemaklikste paar minute in my hele lewe. Ons het nie 'n woord vir mekaar gese nie. Ek wil eintlik net huistoe gaan, maar ek weet Joseph sal teleurgesteld wees as ek dit nou doen. Hy sal my saam sleep as hy moet. Ek gee maar in byvoorbaat. "LET'S GET THIS FOKKEN PARTY STARTED!!!", gil Joseph soos die mal maniak wat hy is. Jason hou die bottel van Jägermeister in die lug soos 'n trofee. "Ons gaan lekker suip vanaand, ma se kinners!", verkondig hy en vat 'n groot sluk. Joseph klap hom deur die gesig. Die bottel val amper uit sy hand uit. "Djy mors, man! Wys ons oupa 'n bietjie respek. Fok!", se Joseph. Ek en Anastasia lag vir hulle. Dit breek 'n bietjie die ongemaklike spanning tussen ons twee. Ons begin te ry. Ek hoop hierdie partytjie gaan die moeite werd wees.

"So what were you lovebirds talking about?", vra Joseph met 'n grin op sy gesig. Daai "duiwelse glimlag" van hom. "Oh yeah. He's a real chatterbox, this one! Haha.", se Anastasia heel sarkasties. Die ander twee lag saam met haar. (Baie snaaks.). Joseph moet natuurlik eers 'n spin in die rotonde doen voor hy ons huistoe vat. Hierdie man bestuur mos soos 'n gek, of hy getrek is of nie. Ons ry amper in 'n aankomende polisiekar vas, maar Joseph mis hom betyds. "Jisis, Joseph! Fok, man!", gil ek van agter af. Anastasia lag. Jason lag nog harder. Joseph lig sy venster op. Hy skel die man uit in Tswana en wys vir hom middel vinger. Die poliseman skel vir hom terug, ook in Tswana. Anastasia maak haar venster ook oop en gooi haar leeg bier bottel op die polisieman se voorvenster. Altwee polisiemanne in die kar hop soos wat hulle skrik. Ons almal lag saam hierdie keer en Joseph begin om 150 kilometer per uur te ry. Hierdie het begin om 'n wille aand te raak. Ons is nog nie eers by die huis nie.

Hier is ons. Joseph se huis. Ons almal klim uit die kar uit en stap een vir een in. Wat is die oplossing vir depresie, angs, onsekerheid en selfmoord gedagtes? Drank, dwelms en seks. (Duh.)

2 Ure Later 

Ek staan en rook buite saam met Anastasia. Die ander twee stoei met mekaar in die sitkamer en breek alles wat hulle kan. YoungstaCPT speel nog kliphard in die agtergrond. Ek dink ons is almal redelik getrek tans. Ek het vanaand meer gedrink en gerook as wat ek het in 'n hele maand. 'n Hele paar shooters en 'n uitgerekte bong sessie later en ek begin te voel soos Superman. Ek voel actually 'n sens van blydskap. (Soortvan). "I think one more ciggie and I'm gonna throw up.", se sy. Ek lag. "Don't worry. Mes too, haha.", se ek. (Jis, en ek tog my Engels is kak as ek sober is.). Sy begin eweskulik vir my te staar, asof ek 'n wese van 'n ander planeet af is. "Haha, wat?", vra ek heel senuweeagtig. Sy begin te giggel. "I just can't figure you out, Jan-Hendrik. You are quite the mystery to me, bra.". Ek weet nie rerig hoe om te antwoord nie, so ek grin. "You are not so normaal yourself, girlie. Haha.", se ek. Sy druk haar kop teen my regter skouer vas en giggel weer. (Ek wonder wat beteken dit?). "You know. You didn't speak a word to me at the lounge or in the car. Why? Can you only talk to chicks when you're drunk or high or something?". Ek grin weer. Ek bedoel, sy is nie verkeerd nie. (Ek wonder wat die ander twee doen?). "Ja, miskien. I don't know, haha.", se ek weer senuweeagtig. Sy roll haar oe. Sy kom nader aan my. Sy staar diep in my oe. Ek begin nog meer senuweeagtig raak. "You know...", begin sy. Sy sit haar linker hand op my linker wang. "You strike me as the quiet or disturbed type. I don't know. I'm usually good at reading people. But you....you're something different, darling.". Ek weet weer nie wat om te se nie. Glimlag net? Ek weet nie meer nie. Ek wil eintlik net gaan slaap. Ek behoort dit regtekry hierdie keer. "Do you even know what happiness is like, Jan-Hendrik?", vra sy. Ek trek my gesig. Watse tipe vraag is dit? "Happiness? You mean like happy? Feeling lekker? Feeling shap? Not a worry in the whole wide world? What does that even mean?". Daardie woord het sy mening vir my verloor nadat my sister haar lewe geneem het. Anastasia staar net vir my en se niks nie. Sy leun teen my gesig. Sy soen my. Ek is nie seker hoe om te reageer nie. Ek soen haar terug. Ons gruip mekaar. Ons begin te vry. Lank en hard. Ons stop. Ons staar net vir mekaar. Na 'n paar minute se pure stilte, besluit ek om my mond oop te maak. ''That was fun.", se ek. Sy glimlag en speel met my hare. "But not as fun as my friend, right?". Sy se niks en kyk net vir my. Ek kry 'n skielike woese klap deur die gesig. Sy storm terug in die huis in. ''EN JOU ASEM STINK!", gil ek. Moenie laat mense naby aan jou raak nie, Jan-Hendrik. Jy sal net weer seerkry. 

 

The story has two different points of view and therefore has two narrators. I will indicate which character is narrating.

mournfulgiant50creators' thoughts