webnovel

GoudStad

Jan-Hendrik van Aswegen is an aimless twenty-two year old who moves from Cape Town to the big city of Johannesburg in search of a new life. Failing to get a job or a purpose, he decides to sell drugs with high school best friend Joseph. The two start a drug empire and become some of the most wanted criminals in the country, drawing attention from law enforcement and rival drug lords. Follow Jan-Hendrik and Joseph as they climb up the ladders of crime, battling against corrupt police officers and Nigerian gangsters in the process. As well as try to survive in an environment where human life is cheap. A tale of survival, betrayal, revenge, power, greed and heartbreak. "Toe dit wel gebeur en voldoende goudertsreserwes ontdek is, was die voortbestaan van die Goudstad verseker." "That's just how it goes, my brother. It's survival of the fittest out here. Dis 'n leeuwereld hierdie, tjom!" - Joseph "Ek ry al die pad na die goudstad toe, maar ek kom nooit daar uit nie. Vir een of ander rede, is dit okei by my." - Jan-Hendrik

mournfulgiant50 · Urban
Not enough ratings
10 Chs

Hoofstuk 5: Net Nog 'N Dag In Die Hel

dis 'n vreemde gevoel

'n onbeskryflike woordelose gewroeg

om te probeer verduidelik

dis asof my hart 'n vlieg in 'n spinneweb is

asof my lyf protes lewer

asof die lug uit my longe peul in opstand

dit gebeur elke keer

wanneer ek probeer om te verduidleik

van my liefde

my passie (obsessie)

met my siels land

hier waar daar 'n holte is vir my voet

hierdie Afrika

hierdie besonderse plek

hierdie vervloekte en geseënde land

hoe sal my lyf en siel jou ooit kan verlaat?

- Lola Sanchez

Jan-Hendrik:

"Mshiye! Leave the boer to me. Watch the coloured. Hamba, wena!", gil 'n vreemde stem. Jason het nou 'n Panga-mes teen sy keel. Die figuur wat gegil het staan nou reg voor my. Hy pluk 'n plastiek stoel uit, draai hom om en sit oorkant my. Hy pluk 'n lang sigaar uit en steek hom aan. Hy blaas die rook aspris in my gesig in. "Look, sir. We know you are working for someone, oke? Make it easy on yourself and your tjommie over there and just give him up.", sê hy. Daar is nie 'n manier ek gaan my beste vriend opgee nie. Hy sou dit ook nie aan my doen nie. "Suig my piel.", spot ek. Jason mond vir my om stil te bly. Die man hou die mes stywer teen sy keel vas. Die man voor my verloor dit en gooi die stoel teen die muur. "HE WENA!! I'LL RING YOUR FOKKEN NECK, WENA! GIVE HIM UP RIGHT NOW! OR SO HELP ME GOD, I'LL BURN YOUR FOKKEN FARM DOWN!!! VERSTAAN DJY, MENEER?!!". Ek bly nogsteeds stil. Hy pluk sy foon uit. "Do you recognize this man?". Dit is 'n foto van Joseph. Hoe het hy hierdie prent in die hande gekry? "Never seen him before in my whole life.", lieg ek. Hy gooi sy foon op die vloer neer en gryp 'n krieketgolf. Hy swaai dit om en slat my op my regter knieg. (Eina!). Ek besluit om uiteindelik te praat. "Kyk. Ek werk nie vir hom nie, okei? Ek doen hom net 'n guns. Ek skuld hom.". Jason lyk teleurgesteld in my. "You're aware that your friend beated up one of my guys? Hm? At a shebeen up in Hillbrow. Poor bastard could barely walk.". (Fok, Joseph!). Jason begin om nog meer uit te freak. Was hy nog ook betrokke? "Wanna know how I know your white ass is lying?", vra die man, met 'n grin op sy gesig. "Because why would a guy like you come to this place at night? Hm? White boy's got a boner for black crime or something?". Die ander ouens giggel in die agtergrond. "So you must be working for someone. Or "paying them a favour".". (Wel, hy het my daar beet.). "Regardless. This is what is going to happen, ne? Your guy fucked up my guy. So you are going to pay me back. I don't care how you are going to get it. Or pay it to me. I don't fokken care. But I want it by Friday. Today is Monday. You got four days left. So make fast. Verstaan?". Joseph moet maar hierdie hanteer. Dit is in elk geval sy skuld. Plus, ek het skaars geld om myself te bad en my gat af te vee. "What's our debt?", vra ek. Hy dink 'n bietjie voor hy antwoord. "Let's see. For damage to my men and wasting my fokken time. R50 000.". R50 000?!. Hoe gaan ons soveel geld kry in vier dae? Joseph en Jason maak nooit soveel geld in vier dae nie en ek het nog nie eers 'n werk nie. Wat gaan ons maak? "Look. I didn't mean for this to happen, ok? I had fuck all to do with this.", sê ek, terwyl ek vir Jason kyk. "Joseph is die ou wat julle eintlik soek. Maar ons sal saam hierdie ding uitsorteer. You'll gets your money, okay? Can we go now? Asseblief?". Hy bly vir 'n rukkie stil. Hy knik sy kop. "Friday, okay? Now get the fuck out. Both of you. Hey! Let the little bitch go. Ngokwanele". Die ander ou haal die mes weg van Jason af. Hy sny sy toue los en tel hom op. Hy kom en doen dieselfde ding vir my. Ek stamp hom weg nadat hy my losgemaak het. Hy gee vir my 'n dodelike kyk. Maar voor ek kan uitgaan, voel ek die drug lord se hand op my skouer. "If I don't get my money...We kill you.", sê hy. "And until you get my money, I don't wanna see your faces anywhere near my territory again, alright? Now fokof. Name is Caesar, by the way.". Ek sê niks nie en stap uit. Ek gluur vir die twee manne wat buite staan. Hulle gluur vir my terug. Ek sien vir Jason wat kar toe stap en huil. Ek gaan Joseph doodmaak vir hierdie.

Joseph: 

Dit is drie uur in die oggend. Waar de hel is daai ander twee? Ek hoop hulle is orraait. Ek weet nie wat ek sou maak as iets met hulle gebeur het nie. Hulle is omtrent al wat ek het in hierdie vervloekte plek. Ek het genoeg vriende en familie oor die jare verloor. Dis deel van hoekom ek die gang lewe gelos en uit die Kaap getrek het. Ek moes dit doen vir my eie veiligheid en gesondheid. Jason was maar net 'n bonus. Hy was altyd meer vir my soos 'n klein boetie as 'n neefie. Nou weet ek hoe my ouer boetie altyd gevoel het. (Mis jou, Jerome). Ek hoor 'n klop op my deur. Ek hoop dit is hulle. Ek snol en maak die deur oop. Dit is hulle. Dankie tog. Jason stap net verby my na sy kamer en slaan die deur toe. Jan-Hendrik kyk vir my asof ek 'n monster is. Hier kom nou kak.

Ek kry 'n hou op my neus. My neus begin om te bloei. "Dit kom van die drug lord af wie se man jy gedonner het.", sê hy met woede en haat in sy stem. Ek probeer om die bloeding te stop. "Waarvan praat djy nou?", vra ek. Ek kan sien hoe hy nog kwater word. Min dinge is so scary soos 'n bloeddorstige Afrikaner. "Waar even begin ek? Eerstens: Jou "guy" is 'n bloed kont wat nie wou betaal nie. Volgende oomblik, eindig ons op in 'n shanty en ons word bedreig met krieketkolfe en pangas. Want JY, liefste bruin maatjie, het een van sy outjies opgefok. Jy het hom amper doodgemaak, weet jy dit?". Ek sal wieg: Ek het dalk 'n bietjie vêr gegaan. "En nou, is jou arme neefie getraumatiseer as gevolg van jou fokop. Ek hoop jy is trots op jouself. Dom poes.". Die bloeding gaan nogsteeds aan. "So jy het amper my neefie laat doodgaan?". Dit was seker die slegste antwoord wat ek kon gee, want nou lê ek op die vloer, nadat hy my gestamp het. Ek het hom nog nooit voorheen so kwaad gesien nie. "FOK JOU, JOU FOKKEN KONT!!! HY IS NIE MY VERANTWOORDELIKHEID NIE. HY'S JOUNE. HY'S JOU NEEFIE. JY HET HOM GESTUUR, NIE EK NIE. ONS ALTWEE KON DOOD GEWEES HET AS GEVOLG VAN JOU!! MOENIE HIERDIE KAK OP MY PROBEER SIT NIE! JOU SELFSIGTIGE NAAIER! FOK JOU!!". Sy woorde maak seerder as sy vuiste. Maar hoe de hel moes ek weet die bra werk vir iemand? Ek staan weer op. "Hoeveel?", vra ek. Hy haal 'n diep asem in. "R50 000...", mompel hy. My oë rek. "Yasis! Vyftig duisend?! Hoerefok?". Ek en Jason gaan moet dagga verkoop soos masjiene nou. "Vrydag is die tyd. Maar ons sal later oor dit gesels. Ek gaan nou slaap. En ek wil nie vir jou gesig kyk nie tans. Hoop jy slaap kak vanaand.". Hy stamp teenaan my terwyl hy wegstap. Hoe het jy jouself in hierdie een gekry, meneer Olifant?

Jan-Henrik:

Elfuur. Maandagoggend. Nog vier dae tot Vrydag. Wanneer ons die skuld moet betaal. Ek en Joseph het die hele oggend spandeer om oor finansies te praat en geld bymekaar te skraap. (Ons lyk seker soos Jode nou.). "Dis nie genoeg nie, bru.", sê hy. "Ons gaan moet 'n ander plan maak...". Ek sug en skud my kop. "Moes jy ons in hierdie kak kry?", vra ek. Hy sit die geld op die tafel terug in sy ruksak. "En ek sal ons uit dit kry.". Ons besluit dat dit nou rooktyd is. Ek pluk 'n sigaret uit en hy steek die bong aan. "By the way, ek's jammer. Was maar net geskok, jy weet.". Ek voel nogal sleg daaroor, ek gaan nie lieg nie. Ek moet rerig beheer kry oor my humeur. ''Ag, is orraait. Nie die eerste witte om 'n coloured te bliksem nie.". Ek kyk hom vreemd aan. "Moet jy altyd die raskaart pluk?". Hy lag vir my. "So enige idees?". Ek trek my skouers op. Ek het regtig nie die antwoord vir daardie vraag nie. Hy vat nog 'n trek uit die bong. "Ek weet rerig nie, bra. Ek dink ons moet maar ons lot aanvaar.", antwoord ek. Hy kyk vir my snaaks aan. "Fok jou! Nigga too young to die. Ons sal maar die geld moet kry deur "illegal means".". Ek spoeg amper my sigaret uit. "Is jy vertraag?! Norrefok! Dis hoekom ons in hierdie kak is in die eerste plek.". Hy pluk sy dagga lisensie uit. "Nee dit is nie. Sien?". Ek druk sy hand weg van my gesig af. "Jy's fokken befok in jou poes kop. Ek is in genoeg kak met die wet. My ma het my raporteer.". Hy sit die bong neer op die tafel. "Het djy beter idees? I'm open to suggestions, but the way I see it, there is no other way. Djy weet, hierdie sou 'n kleiner probleem gewees het as djy 'n job gehad het. Ek het vir djou gese djy moet vir my begin werk. Ons sou dan meer geld gehad.". Ek wys vir hom middel vinger. "Kyk, brah. Ek het heeltyd hierdie kak gedoen toe ek in die gang was. En ek's nog net een keer in die tjoefie gegooi.". Dit is een keer teveel, Joseph. (Dit is ook nie rerig iets om oor te spog nie.). Hy staan op van die tafel. "Kyk, bru. Ek weet hoe om hierdie tipe shit te handle, okei? Just leave it to me, alright? So, ek weet nie wat djy nou gaan maak nie, maar ek weet wat ekke gaan doen. Okei? Salutus.". Hy stap weg. Hy's uit. (Wat gaan jy hierdie keer doen, Joseph?). Jason kom uiteindelik uit sy kamer. Hy kom sit waar Joseph gesit het en steel een van sy sigarette. Hy het nog nie heeltemal herstel van die skok nie, maar teminste lyk hy nou beter. "Wil jy daaroor praat?", vra ek. Hy skud net sy kop. 

Joseph:

Ek is by 'n klerewinkel in Fourways Mall. American Swiss. Ek staan in een van die kleedkamers met 'n skitterende goudgeel pak. Die beste een wat binne my prysklas pas. (Dis 'n goeie ding hulle het moerse afslagte hierso vandag.). Dit is nie die mooiste pak nie, maar dit is fancy genoeg om my soos 'n funksionerende lid van die samelewing te laat lyk. Dit is die beste opsie tans. Ek trek dit aan. Jip. Niemand sal my ware intensies verwag met hierdie aan my nie. Wat is my ware intensies? Ek gaan 'n draai maak by Park Stasie.

Ek wag vir die Gautrein. Dit kom terug van Midrand af en stop by Marlborro. Waar ek tans staan. Dan ry dit Park Stasie toe. Wat perfek vir my werk. As hierdie nie gaan uitwerk nie, kan ek net by Anastasia gaan blom. (En hopelik weer lucky raak...). Baie mense is hierso. Trein is seker baie besig tans. Maar dit is orraait. As dinge skeef gaan en ek word gevang, kan ek net deur die skare mense versnit. Die trein is hier. Uiteindelik. Ek druk tussen die skare mense sodat ek in die middel kan kom. Ek klim in die trein. Ek gaan sit heel agter. Almal is nou in. Die trein begin om te ry. Park Stasie, hier kom ek...

Hierdie is die plan:

1. Kyk rond. Maar nie voor die hand liggend nie. Gebruik net die oë. Los die kop.

2. Kyk uit vir toeriste. Hulle is gewoonlik die ruikste.

3. Vermy die mense wat hulle besittings in die voorsakke plaas. 

3. Hoes baie. Niemand sal 'n siek mens verdink nie.

4. As iemand opstaan, staan ook op, haal jou foon uit en maak asof jy iemand bel.

5. Volg die teiken.

6. Stamp "per ongeluk" teenaan die persoon. In hierdie proses, gruip die beursie of foon. Steek die beursie weg in een van jou broeksakke of baadjiesakke.

7. Nadat die beursie gegryp is, gaan sit heel voor. 

Al hierdie klink eenvoudig. Maar glo my. Dit is nie.

Damnit. Hoekom kan iemand nie net opstaan nie? Ek sweer, ek sal elkeen van hierdie mense beroof. 'n Hand tik aan my skouer. "Hi! My name is Frank. I'm from the States.", se hy. (Perfek! 'n Toeris.). "Hey, wassup bro!", antwoord ek soos hy sou groet. Ons skud hande. "Joseph. I'm from around here.". Hy draai sy hele lyf na hom toe. Ek kan sy beursie lanks hom sien voor my. "Awesome, man! Where exactly?". Ah. Niks is so rein soos 'n buitelander nie. "Cape Town. Moved to here about two year ago. How about you? Where in the States are you from?". Ek sukkel om nie vir sy beursie te staar nie. "Tennessee. Memphis. Moved to Johannesburg about five years ago. I'm going to visit my family in America for a month.". (O nee, jy gaan nie, vriend.). "I'm meeting my brother at Park Station. He moved to here a decade ago. He's got a beach house up in Cali. That's where we're going. He's actually the reason why I moved here in the first place.". (Ag fok, hy het 'n getuie. Hierdie gaan bietjie moeilik wees.). So nuwe plan: Wag vir sy broer om weg te gaan. Of weg te kyk. Een van die twee. Ek kan nie 'n getuie teenwoordig hê nie. Hulle altwee se oë moet afwesig wees. Ek sal op die regte oomblik toeslaan. Hierdie yankee is oorgelewer aan my genade Die trein stop. Ons is by Park Stasie. Ek volg agter Frank aan. Wanneer hy klaar is, gaan ek 'n paar ander beursies hierso probeer score. Let the games begin, baby.

Jan-Hendrik:

Ek is by 'n garage. Maar nie om 'n Fanta en 'n pakkie biltong of droewors te koop nie. Om die plek te beroof. Ek sit in die kar saam met Jason, wat my wegbreekbestuurder is. Ek het 'n balaklawa, hokkiestok en 'n groot sak in die kattebak gesit. Hierdie is dit. Hierdie is die enigste keuse. As ek met hierdie wegkom en ek kry die geld om ons skuld af te betaal, shap. As ek nie rekom nie en ek word geskiet en gaan dood, ook shap. (Hoekom het ek nie vroeër aan hierdie gedink nie?). "Ok. So hierdie is die plan: Ek gaan nou uitklim en na die kattebak toe stap. Dan maak ek die kattebak oop, haal die goed uit en maak reg. Dan stap ek in. As ek uithardloop en waai soos 'n maniak of wat de fok ookal, maak die deur oop. Sodra my voet in die kar is, RY. Shap?", sê ek. Hy verstaan, maar hy lyk onseker. "Ok. Djy seker ek moenie saam kom nie, huh?". Not a chance. Nie na laas keer nie. Ek stap solank na die kattebak toe en haal my goed uit. "Nee. Jy bly net hierso. Jy trap die pedal wanneer die stront spat. Dis al. Verder doen jy niks. Ek sit nie weer my vriend se neefie in gevaar nie. Verstaan jy my?". Hy knik sy kop senuweeagtig. "Bly. Hier. Ok?". Ek trek die balaklawa oor my gesig. Ek stap weg.

Ek voel al die oë op my. Van die petrol joggies na die bestuurders wat gekom het vir petrol. Ek sweer, as enige iemand die polisie nou gaan bel, gaan ek daardie persoon se nek breek met hierdie stok. Ek het nie twaalfjaar gemors op hokkie vir niks nie. Ek is in die winkel. Die tannie agter die toonbank kyk vir my asof sy alreeds weet wat nou gaan gebeur. Al die ander mense in die plek stap uit. Ek en die toonbank tannie staar weer vir mekaar. Ek stap stadig na die toonbank toe en punt die kop van die hokkiestok na haar kop toe. Hier gaan ons. "Open up the register! Right now! Kom!", dreig ek haar met die stok. Sy begin te paniek en steek haar hande op. "P-please, sir! Don't hurt me! I beg you!", pleit sy. Ek slaan my linker hand hard op die toonbank neer. Sy hop soos wat sy skrik. "GEE MY DIE FOKKEN GELD, JOU BITCH!!! Come on!". Sy begin te huil. Sy maak die kasregister oop. Sy pluk soveel note uit soos wat sy kan, terwyl sy haar hemp sopnat huil. Sy haal die muntstukke ook uit. Sy steek weer haar hande op. "That is all we have! I swear! Now please go!". R1000?! Nou weet ek sy hou terug. Anders gaan ek 'n hele paar garages moet beroof. "KAK, MAN!! Moet my nie vat vir 'n poes nie! Empty your pockets! NOW!". Sy begin nog harder te huil. "PLEASE SIR! I HAVE KIDS AT HOME!". Ek begin om sleg te voel. Maar dis of hierdie, of my kop in 'n Pick n Pay-sak. Ek swaai die hokkiestok en slaan die drankbottels langs my stukkend om haar verder te intimideer. Sy maak haar broeksakke leeg en pluk R200 uit. Sy huil nog die hele tyd. Dalk sukkel hierdie ouens regtig? R1200 is tans op die tafel. Dit sal maar moet doen vir nou. Ek hoor polisieserenes buite. (Shit!). Ek gooi net my hokkiestok neer en storm uit. (FOK!)

Ek het die geld in die winkel vergeet. (Hoe kon ek van die blerrie geld vergeet?!). Daar is twee polisiekare voor my. Waar is Jason? Hy het weggery. Ek voel 'n pistool punt na my. "HE WENA!!! Don't move! Don't move! Hands up, moena!", se die polisieman. Ek probeer vir sy gesig slaan, maar hy mis dit en breek my neus. 'n Ander polisieman slaan my wind uit met sy haalgeweer. Ek lug beide van my arms op. "Now get on the floor and put your hands behind your head! NOW, YOU BLIKSEM!". Ek sit op my kniee en my hande agter my kop. 'n Ander polisieman kom en sit my hande in boeie. Nog een tel my op en stamp my in die polisiebus in. Drie ander ouens sit ook hier binne. (Ek wonder wat hulle gedoen het?). "Julle moes my doodskiet, man! Sal my 'n guns doen.", spot ek. Ek begin eweskulik uitbreek van die lag. Die polisieman in die pasassiers stoel en die drie ander kriminele hier agter kyk vir my. Hoekom het hierdie hele situasie eweskulik snaaks geword?

Joseph:

R5000. Dit is hoeveeel geld ek nou net versamel het. Vyf fone en vier beursies. Met die fone, plus natuurlik al die goed binne in die beursies en die beursies self, kan ek nog meer geld maak. (Dit is egter hartseer dat ek niks met die bankkaarte kan maak nie.). Ek staan by die bagasielyn. Ek maak asof ek vir my "bagasie" wag. Ek gaan die sak gryp wat die duurste lyk. Sover het ek nog nie daai spesiale sak gevind nie. Al die tasse wat tans verby gaan is nie goed genoeg nie. 'n Swart Montblanc sportsak is nou oppad hierdie kant toe. Hierdie een kon maklik R30 000 gekos het. Dit sal werk. Die oomblik toe dit reg voor my was, gryp ek dit. Ek sit die sak op die vloer neer en maak dit oop. Ek kyk op en rondom my. Ek bere die fone en beursies binne in die sak. Ek staan op. Ek stap na een van die uitgange toe. My missie hier is klaar.

Ek sien 'n ou ryk wit tannie by 'n Gucci winkel. (Daar is altyd van hulle by so tipe plek.). Sy dra pragtige halssnoere om haar nek en armbande op haar arms. Is dit regte goud en silwer? Miskien. Sy dra ook 'n skitterende horlosie op haar regter pols. 'n Platinum Rolex. As ook 'n pragtige diamant trouring. Al hierdie goed moes 'n fontein gekos het. Moet ek haar ook probeer? Ek draai na die klerewinkel toe en gaan staan agter haar. "That's him! He stole my wallet! Get that son of a bitch!"., hoor ek in die agtergrond. Dit was Frank. Ek is uitgevang. Ek begin om te snol vir die uitgang. "YOU! STOP!!", gil die sekuriteitswag. Ek voel hoe my hart harder klop. Ek stamp weg elke liewe persoon wat in my pad staan. My spiere begin om te brand. Ek sweet alreeds soos 'n vark in hierdie pak. Hoekom moet hierdie sak so swaar wees?

Ek is uit die gebou uit. Tyd vir die volgende fase: Ontsnap.

Daar staan iemand se kar voor my. 'n Silwer Aston Martin One-77. 'n Fantastiese kar met 'n spoedgrens van 410 km per uur. Die Perfekte wegkom motor. Daar is wel een probleem: Daar is iemand binne. 'n Pragtige wit meisie met blonde hare op haar selfoon. Ek hol na die kar toe. Ek klop hard aan die venster. Sy draai na my toe. Ek snik na haar asem. Ek swaai die deur oop en gryp aan haar. Sy begin om te skree. Ek klap haar deur die gesig. "Fokof, bitch!", gil ek en gooi haar uit die kar uit. Die wiele spoeg rook uit soos wat ek hom opref. Ek ry. Ek skakel oor na 200 km per uur toe. Nou oppad na 'n motorhandelaar. (Imagine net hoeveel geld hierdie ride gaan maak!).

Like it ? Add to library!

mournfulgiant50creators' thoughts