webnovel

GoudStad

Jan-Hendrik van Aswegen is an aimless twenty-two year old who moves from Cape Town to the big city of Johannesburg in search of a new life. Failing to get a job or a purpose, he decides to sell drugs with high school best friend Joseph. The two start a drug empire and become some of the most wanted criminals in the country, drawing attention from law enforcement and rival drug lords. Follow Jan-Hendrik and Joseph as they climb up the ladders of crime, battling against corrupt police officers and Nigerian gangsters in the process. As well as try to survive in an environment where human life is cheap. A tale of survival, betrayal, revenge, power, greed and heartbreak. "Toe dit wel gebeur en voldoende goudertsreserwes ontdek is, was die voortbestaan van die Goudstad verseker." "That's just how it goes, my brother. It's survival of the fittest out here. Dis 'n leeuwereld hierdie, tjom!" - Joseph "Ek ry al die pad na die goudstad toe, maar ek kom nooit daar uit nie. Vir een of ander rede, is dit okei by my." - Jan-Hendrik

mournfulgiant50 · 都市
レビュー数が足りません
10 Chs

Hoofstuk 8: Naweek In Hatfield

Jan-Hendrik:

Ek weet nie hoekom meisies altyd solank vat om regtemaak nie. Ashleigh is al besig met hierdie vir 'n lang tyd. Sy doen nou eers haar grimering en sit haar oorbelle aan. En hierdie hele tyd staan sy nog in haar onderklere. Ek sit hier op haar bed en wag vir haar om klaar te maak. Hoekom gaan sy deur al hierdie moeite? Omdat sy uitgaan? Of om mooi vir my te lyk? Maar hoekom sal sy mooi vir my probeer lyk? Dit is nie asof ons twee 'n paartjie is of iets nie. (Wag...is ons?). Die stilte begin omgemaklik raak. Ek besluit om my mond oop te maak. "Ek kry die snaakse gevoel jou kamermatjies hou nie baie van my nie.", sê ek. Sy giggel terwyl sy haar rooi lipstiek opsit. (Dis nie so snaaks as jy desperaat is vir 'n plek om te bly nie, jou bitch.). "Ag, their not so bad. I hated their guts also when I first met them. But I would still be rotting in the gutter if it wasn't for them. So I can thank them for that, at least.". In die kort tyd wat ek Ashleigh ken weet ek eintlik baie min van haar agtergrond. Sy is eintlik nog 'n misterie vir my. Wie is sy? Soos regtig? Ek weet eintlik nie. Al wat ek weet is dat ek smoorverlief is op haar. Maar terselfde tyd voel ek skuldig. Het ek so vinnig aanbeweeg? Het my en Charlize se verhouding dan niks vir my beteken nie? Ek wonder hoe sy daaroor voel. (Nevermind. Ek voel 'n fok.). "So wat is ons exactly? Ek en jy? Wat is hierdie?", vra ek. Sy stop en skud haar kop. Ek vrees ek gaan die antwoord kry wat ek nie soek nie. Sy werk nou aan haar wenkbroue. "Fucking hell. I knew you were gonna ask that. Well, we're definitely not a couple, I can tell you that much. I don't date customers.". Daardie woorde maak my bietjie seer, ek gaan nie lieg nie. Maar dit is seker regverdig en vir die beste. "And I'm not looking for a relationship right now anyway. So don't even bother.", gaan sy voort. Dit werk eintlik perfek vir my uit, nou dat ek daaraan dink. Dit is nooit 'n goeie idee om onmiddelik in 'n nuwe verhouding te spring nie. Daar is skielik weer stilte. Maar dit is nie ongemaklik hierdie keer nie. Sy trek 'n pragtige rooi rok aan en sit goue armbande op haar arms. Sy lyk so mooi. Soos 'n gevalle engel. Ek klim van die bed af en gaan staan langs haar in die badkamer. Ek leen haar een van my Winston sigarette. Ek pluk self een uit. Ek sit my arms rondom haar. Sy vryf my gesig. Ons kyk mekaar in die spieël. Dit word gedek met rook. "Jy lyk mooi...", sê ek. Sy lyk ongemaklik met my kompliment. Sy wil nie hê mense moet naby aan haar raak nie. Net soos ek. Ek hoor 'n klop by die voordeur. 

Joseph:

Hulle beter vinnig die deur kom oopmaak. 'n Bottel Jägermeister, 'n skinkbord met shot glasse, 'n sak vol sampioene en 'n JBL speaker staan in ons hande. Ek wil graag 'n "pre-party" eers doen voor ons Pretoria toe ry. Die sampioene is persoonlik vir my en Jan-Hendrik. Op die laaste dag van Matriek het ek en hy 'n hele klein sak Psilocybin sampioene, anders bekend as "Magic Mushrooms", by die skool opgekerf en gesnuif. Tot vandag toe is dit nogsteeds die hoogste wat ek ooit was. So ek wil hê ons moet die glorie dae herleef. Ek en Jason klop nou saam aan die deur. Iemand maak uiteindelik oop. "Is julle twee vertraag of iets?! Kom net in!", sê 'n kwaai Sjinese meisie.

Jan-Hendrik, Anastasia en 'n ander meisie staan reg vir ons. Hy het my nie vertel hoeveel meisies hier eintlik bly nie. "Hei, hei, hei! Tjek vir Mal Jan onder die hoenders!", sê ek. Die knorrige meisie gee my 'n vuil kyk. Die ander twee giggel en Jan-Hendrik rol sy oë. Ek en Jason gaan bêre ons ondeugde op die groot eettafel. "Haha, oh my God! Are those fucking shrooms?", lag die Indiese meisie. Ek hou die sak sampioene in die lug vas soos 'n troffie. "You bet your ass, baby! But this a present just for me and Jannie. No one else may touch this.". Jan-Hendrik kyk vir my deurmekaar. Ek sit my arm rondom hom en pluk hom van Anastasia af. Ons stap weg sodat ek met hom in privaat kan praat. "My bru. Onthou djy ons laaste dag in matriek?", vra ek. Hy kyk weg asof hy besig is om herinneringe van 'n oorlog te herleef. "Natuurlik. Hoe kan ek vergeet? Toe ek by die huis aankom, tog ek 'n gorilla val my aan. Meantime was my pa besig om die kak uit my te bliksem.". (Ek weet nie of ek moet lag of hom net jammer kry.). "Wel. EK wil hê ons moet daai kak weer doen, bru. Daai was 'n poes lekker dag. Vanat djy hier gekom het het ek weer aan die ou dae dink. Djy weet?", verduidelik ek. "Let's do that shit again, neh? For good times sake!". Hy lyk besluitloos, maar ek weet hy wil dit eintlik doen. Veral na al die goed waardeur hy is. Boonop is hy magteloos teen groepsdruk. "So wat sê djy, balsak? Gaan ons terug matriek toe?". Hy dink weer daaroor, maar sy oë sê: "Ja". Hy gee in. "Fine. Fokkit. Ek's in. Seker beter as 'n vervelige trip Pretoria toe. Maar as ek 'n slegte tyd het, bliksem ek jou sodra ek sober is.". Ek lag en klap hom aan die skouer. "Relax, bru. I got your back always. You know mos. Kom. Kom ons kap die shit voor ons ry.". Ons stap terug na die ander toe. Jason raak bekend met die meisies. Ek onderbreek hulle martelende gesprek. "Hei! Wat staan djulle net daar?! Djulle kan solank drink. Ek is nou-nou terug. Waar's djulle messe?". Ling skiet vir my 'n vuil kyk. "Om fokken wat te maak, nogal?", vra sy. Ek kry die snaakse gevoel dat sy nie 'n baie lekker mens is nie. "DJY SAL NOU-NOU SIEN!", gil ek van die kombuis af.

Ek kom terug met 'n groot mes wat ek op die klein eettafel gevind het. Almal kyk na my met groot oë. Net my beste vriend weet presies wat ek met hierdie mes wil doen. Ek haal die sampioene uit die sakkie uit en begin om te kerf. Asof ek besig is om 'n maaltyd voor te berei. Almal anders staan en hou my dop met nuuskierigheid en verwarring. Jason is besig om reguit uit die Jägermeister-bottel te drink. "Um. Is dit nou 'n goeie tyd om te vra wat de hel maak jy?", vra Ling vir my. Ek giggel soos 'n stoute skoolmeisie. "Ek en hy gaan hierdie goed snuif. Ons het dit eenkeer in matriek gedoen en Joseph wil dit nou weer doen voor ons ry.", verduidelik Jan-Hendrik. Ling lyk geskok en gewalg terselfdetyd. Ek maak klaar met die kerving. "Haha! Me and Maya did shrooms last week. We both ended up in our underwear and I was chasing her with that same knife!", sê Anastasia. (Ek weet nou dis nie haar regte naam nie, maar ek gaan nogsteeds haar Anastasia noem want Ashleigh is 'n kak naam.). "Haha! Yeah, you crazy bitch! I thought you were trying to kill me!", lag Maya. Blykbaar is Ling die enigste persoon in hierdie plek sonder 'n sin van humor. (Nou dat ek daaraan dink, ek het haar nog nie eenkeer sien glimlag.). "Awe! Ek's klaar met die kerving. Cousin!! Chais my daai strokie!", kondig ek aan. 

 

The story has two different points of view and therefore has two narrators. I will indicate which character is narrating.

mournfulgiant50creators' thoughts